TWEEDE PLEK. MAAR BESLIS NIE TWEEDEBESTE NIE!
Ons stel vandag die volgende wenner van De Rust se eerste Malvapoedingkompetisie bekend: Niekie Eksteen!
Niekie, wat al jare lank bekend is vir sy lekker tuisgemaakte kos, het met sy malvapoeding die tweede plek losgeslaan.
En hierdie naweek kry julle die kans om self te proe!
Niekie Eksteen se bekroonde malvapoeding is Vrydag 9 en Saterdag 10 Oktober by Mal’va Blok, Casa Blanca, De Rust te koop.
R50 per porsie.
Kom ondersteun ons plaaslike bakkers en help terselfdertyd om Mal’va De Rust verder te laat groei.
Môre stel ons ons eersteplekwenner bekend!
#malvaderust #malvapoeding #malvablok #meiringspoortmarathon #derust #kleinkaroo



Be the first to comment
No comments yet on this post.
Log in to leave a comment
Create a free account or log in with your existing Route62.fans account to join the discussion.
Log in to comment